Life is a Journey – Explore it! |
ECO VENTURES
Frik Olwage Cell: 082 343 7853
Fax: 088 021 9818879
E.mail: ecoventures@telkomsa.net
Website: www.ecoventures.co.za
______________________________________________________________
CU THERE Nuusbrief Nr. 2 SePTEMBER 2008
Beste Vriende,
Na elke stap of toer neem dit ons ‘n paar dae om weer na ‘normaal’ terug te keer. Dit is moeilik om op jou gewone daaglikse take te konsentreer wanneer die wonderlikste herinneringe sommer skielik ongevraag jou hele denke kom oorneem - gewoonlik by die werk wanneer jy jou volle aandag behoort te gee!
Elke stap of toer ontwikkel binne die eerste paar dae ‘n karakter van sy eie, met kwikslae eie aan die groep - wat gewoonlik nie so snaaks is indien jy dit probeer oorvertel by die huis nie.
Elke stap en toer hierdie jaar was tot sover ‘n wonderlike ervaring - hoe anders met wonderlike nuwe vriende en ook die ou kamerade wat ‘n nuwe ervaring kom deel
101 KALAHARI
‘n Spesiale groep met ‘n dogter, ma en skoonma! |
101 Camel Challenge Walk Venter, Bonti, Naomi, Eva en Jopie is opgesaal om oor een van die die grootste panne in die Kalahari en die hoogste duine in die omgewing te ry en stap. Almal was dadelik verlief op Venter met sy neusring en Eva is herdoop na ‘Liefie’. Naomi die ‘bitch’ het binne die eerste dag haar ware klere gewys. Die 4 dae in die Kalahari saam met die kamele was onvergeetlik. De Vos familie
|
Visrivier Canyon - Frik vier sy 40ste Vis!. Woorde kan nie eintlik die ‘Vis’ beskryf nie, jy moet hom maar self loop om te weet……… Wilde perde aan die oorkant van die rivier. Die volmaan wat so helder skyn dat jy nie kan slaap nie. Die Viervinger rots se ‘presence’ Om sononder te bad in die rivier omring deur asemrowende kranse – ‘so vol van niks’, die onthou maak eintlik seer “If you find serenity and happiness, others may be jealous; Because they haven’t find themselves - and not the ‘Fish’ Happy hiking! It is a privilege, not a punishment” – Frik Olwage
|
301 KALAHARI ECO ULTRA MARATHON – for women Goeie verteenwoordiging vaoor die hele land. Die wenner, wat in upington woonagtig is, is onmiddellik herdoop na die ‘Kalahari ferrari’ |
101 Namakwaland Eco Ultra stap Andy het ‘n nuwe voorskoot gekry! Die onbekende namaplant het ook weer sy verskyning gemaak - ’what an eye opener’ |
Namibiё 4x4 Toer Die Cheeta’s - Van Tonders, Enslins en Van den Heevers met hul wonderlike 8 kinders het saam met ons deur Namibie getoer. Die kontraste met sonsopkoms by Klein Aus Vista het opgemaak vir die eerste paar dae se koud kry. Die woestyn olifante het vir ons gewag in die Hoab rivierbedding. Sossusvlei en Duin 7 - hoeveel keer gaan die kinders nog die duine uitklim en afgly? Sakke vol klippe is opgetel. Die radios tussen die voertuie is ingespan vir ‘alle vlakke’ van kommunikasie. Om af te sluit is ‘n worsie ge – ‘swani’ op Koppieskraal se pan……beste tye wat ons vir altyd sal saamdra
|
Ons wens almal wat die 301 gaan stap net die beste van alles toe –
die beste weer,
die beste blomme,
die beste voete
die beste deursettingsvermoё,
en mag jy dit geniet op die manier wat die beste vir JOU is
Groot opgewondenheid heers tussen die ‘spanne’ wat reeds ingeskryf het vir die eerste ‘Amazing Walk’ wat September en Oktober plaasvind deur die Baviaanskloof.
Wat wag vir ons in die Kloof? Grotte met beddens, donkiekarre - waarvan praat julle?
Hierdie stap gaan anders wees – kom kyk en geniet jouself
In Oktober gaan ons vir ‘n naweek sterrekyk in Sutherland en ‘ramble’ terwyl ons met agterpaaie via Calvinia, Nieuwoudtville en Clanwilliam terug ry Kaap toe. Vlieg of ry –hierdie is nie ‘n naweek wat gemis kan word nie.
WHALE TRAIL De Hoop Natuur Reservaat
‘n Lekker familie stap-vakansie in November en Desember deur ongelooflike ongerepte natuurskoon, met walvisse en dolfyne wat ‘n mens kan laat dink dat hulle spesiaal net vir jou ‘n ‘show’ gee.
Jou bagasie word tussen hutte aangery en met net jou middagete om te dra is dit maklik om hierdie roete ten volle te geniet.
Die Span
Spesiale dankie aan -
Marié vir die lekker kosmaak op Daberas,
Ronel (Boertjie) se ondersteuning langs die Kalahari paaie en inspring met kosmakery wanneer nodig.
Ronel wat die heerlike beskuit bak en ander piekniek kos voorberei.
Andy was nou nog vinniger die skottelgoed met sy nuwe voorskoot
Die program
Die Ultra Eco Stappe, die ‘Vis’,die Walvis,Bergfietse en 4x4 toere sal steeds hul spesiale plek op die program inneem, maar ons wil ook op nuwe agterpaaie loop en hoop dat julle dit sal wil deel met ons.
Beplan sommer nou al vir volgende jaar!
Die Webtuiste
Besoek ons nuwe webtuiste in Oktober met inligting, die jongste nuus en fotos asook ‘n elektroniese registrasievorm.
Life is a Journey – Explore with us!